Kosmos 94.1 Kosmos Kapitaal

Kosmos Kapitaal

Kosmos Kapitaal is Kosmos 94.1 se toegewyde finansiële platform wat daarop gemik is om finansiële kennis toeganklik, verstaanbaar en relevant vir elke Namibiër te maak.

Hier vind jy betroubare inhoud oor persoonlike finansies, begrotings, spaar, beleggings, die ekonomie, sake, marknuus en praktiese geldwenke – alles eenvoudig verduidelik deur kundiges en bedryfsleiers.

Of jy nou jou finansiële kennis wil uitbrei, beter geldbesluite wil neem of op hoogte wil bly van die jongste ekonomiese verwikkelinge, bied Kosmos Kapitaal professionele, insiggewende en maklik verteerbare inhoud wat jou help om met groter vertroue jou finansiële toekoms te bestuur.
Daily English Namibia Business · Investing
61 Episodes
1 – 20

Vrydag, 16 Oktober 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Namibië se Venus- en Mopane-olievelde was vandeesweek opnuut op die wêreldverhoog by die African Energy Week met TotalEnergies se senior vise-president, Mike Sangster, wat die land se potensiaal as 'n reusespeler in die toekomstige energiemark uitgestip het. Maar minder goeie nuus op die mynboufront: Deep…
16 Oct 12AM 3 min

Donderdag, 15 Oktober 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Meer as 63 000 beeste is reeds vir bek-en-klouseer ondersoek en meer as 10 000 voertuie is by verskeie padblokkades vir die onwettige vervoer van vee en vleisprodukte deursoek. Ons hoor die jongste by die woordvoerder van die landbouministerie, Romeo Muyunda. En: Agra het 'n…
15 Oct 12AM 3 min

Donderdag, 15 Oktober 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Meer as 63 000 beeste is reeds vir bek-en-klouseer ondersoek en meer as 10 000 voertuie is by verskeie padblokkades vir die onwettige vervoer van vee en vleisprodukte deursoek. Ons hoor die jongste by die woordvoerder van die landbouministerie, Romeo Muyunda. En: Agra het 'n…
15 Oct 12AM 2 min

Dinsdag, 14 Oktober 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Kraakvars! Nog voor die eerste haan vanoggend gekraai het, het Namibië in Bangkok 'n reuseprestasie op die jongste Absa-indeks vir Afrika se finansiële markte behaal. Ons gesels met die uitvoerende hoof van die Namibiese Effektebeurs (NSX), Tiaan Bazuin, al die pad uit Thailand. In ander…
14 Oct 12AM 3 min

Dinsdag, 13 Oktober 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Bek-en-klouseer vereis 'n stryd op twee fronte, sê die president van die Namibiese Landbou-unie, Thinus Pretorius. En in Suid-Afrika sê die Rooivleisprodusente-Organisasie die BKS-uitbreking plaaslik veroorsaak ook groot ontwrigting in die buurland.
13 Oct 12AM 2 min

Maandag, 12 Oktober 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Sout van die aarde - Namibië se soutbedryf is belangrik vir die kus se ekonomie, maar word sedert die begin van die jaar deur internasionale verwikkelinge gepeper. KosmosKapitaal gesels met Andre Snyman, besturende direkteur van Walvis Bay Salt Holdings. En: Plaaslike vervaardiging van kunsmis en…
12 Oct 12AM 3 min

POTGOOI: Van Namibië tot Wits: ’n Stem vir geestesgesondheid

Wêreldgeestesgesondheidsdag: Steeds 'n Namibiër in murg en been: Prof. Frikkie Booysen van die Wits PPS Leerstoel in Gesondheidsekonomie doen onder meer navorsing in selfdood en gedagtes van selfdood en het met KosmosKapitaal oor dié lewensbelangrike kwessies gesels.
10 Oct 11AM 14 min

Vrydag, 9 Oktober 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Hoe beïnvloed die moderne werksomgewing jou sielkundige welstand? KosmosKapitaal gesels met gesondheidsekonoom, prof. Frikkie Booysen van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits), 'n boorling van Namibië, in die aanloop tot Wêreldgeestesgesondheidsdag môre. En: Die Federasie vir die Konstruksiebedryf in Namibië sê dis verregaande dat hulle…
9 Oct 12AM 3 min

Donderdag, 8 Oktober 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Voornemende transaksies van miljarde Namibiese dollar het Woensdag opslae gemaak. Plaaslik-genoteerde Capricorn Group beplan 'n reuse-verkryging in Suid-Afrika. Ons gesels met die uitvoerende hoof van die groep, David Nuyoma. En: 'n Nederlandse belegger nuwe lewe in die ou Elizabethbaai-diamantmyn wil blaas.
8 Oct 1AM 3 min

Donderdag, 8 Oktober 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Voornemende transaksies van miljarde Namibiese dollar het Woensdag opslae gemaak. Plaaslik-genoteerde Capricorn Group beplan 'n reuse-verkryging in Suid-Afrika. Ons gesels met die uitvoerende hoof van die groep, David Nuyoma. En: 'n Nederlandse belegger nuwe lewe in die ou Elizabethbaai-diamantmyn wil blaas.
8 Oct 1AM 3 min

Woensdag, 7 Oktober 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Diamante is lankal nie meer die uitblinker in die Namibiese ekonomie nie. Eerste minister Elijah Ngurare sê die regering doen alles in sy vermoë om die sektor te red. En die konstruksiebedryf is in hul noppies oor 'n hofuitspraak wat 'n stokkie voor die samesmelting…
6 Oct 11PM 2 min

Dinsdag, 6 Oktober 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Die regering slaan bek-en-klouseervure dood om Namibiese vleis terug op veral Europese, maar ook ander buitelandse winkelrakke te kry. En: Namibië het 'n verstommende sewe plekke op 'n wêreldranglys vir toerisme getuimel. Toerismekenner Gitta Paetzold, uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië (HAN), sê sy…
5 Oct 11PM 3 min

Maandag, 5 Oktober 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Van kommersiële mango- tot waatlemoenverwerkingsaanlegte in Kavango-Oos en Zambezi: Eerste minister Elijah Ngurare sê die regering planne om local nóg lekkerder te maak, vorder fluks.
5 Oct 1AM 3 min

Vrydag, 2 Oktober 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: ReconAfrica gaan sy jagtog na gas in Kavango-Wes met tegnologie aanpak wat 'n eerste vir die groep en vir Namibië gaan wees. ReconAfrica se uitvoerende hoof, Brian Reinsborough, vertel ons meer. En: Die prysmonster is besig om op te warm om 'n inflasiekoers van meer…
2 Oct 12AM 2 min

Donderdag, 1 Oktober 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Stadig, maar seker: Dis hoe Namibië sy ontluikende oliebedryf moet ontwikkel, sê 'n professor Jenik Radon van die toonaangewende Columbia-universiteit in Amerika. Ook in vanoggend se KosmosKapitaal-nuus: Paratus Namibië het in sy afgelope boekjaar miljoene belê, maar moes die prys daarvoor betaal.
1 Oct 12AM 3 min

Woensdag, 30 September 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Hoekom vry Amerika deesdae so kliphard na Namibië en wat het kunsmatige intelligensie daarmee te doen? Die VSA se ambassadeur aan die land, John Giordano, het die antwoord. En dis darem lekker as 'n maatskappy met 'n rekordwins kan spog - soos Nictus Holdings in…
30 Sep 12AM 3 min

Dinsdag, 29 September 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Die plaaslike indeks van die Namibiese Effektebeurs het Maandag 'n bul van 'n dag gehad met al die bankgroepe wie se aandeelpryse rekordhoogtes bereik het. Deon Gous, ontleder by Cirrus Capital, verduidelik wat dié stormloop veroorsaak het. En: NamBrew se tussentydse resultate het baie van…
28 Sep 11PM 3 min

Maandag, 28 September 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Elke sent help - meer oor die Ondersteuningsfonds vir Bek-en-Klouseer en die belangrikheid daarvan. En ons gesels met Simonis Storm-ekonoom, Almandro Jansen, oor die kus wat 'n miernes van boubedrywighede is.
28 Sep 12AM 3 min

Vrydag, 25 September 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Lang rye, leë winkelrakke en trollies vol vleis - baie verbruikers het Donderdag paniekerig reageer op die nuus dat bek-en-klouseer sy klou op 'n plaas in die Suide ingeslaan het. KosmosKapitaal praat met Simonis Storm-ekonoom Almandro Jansen oor verwagte tekorte, pryse en wat die uitbreking…
25 Sep 12AM 3 min

Donderdag, 24 September 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Die uitbreking van bek-en-klouseer in Namibië is 'n geweldige slag vir die ekonomie, waarsku Romé Mostert, direkteur van Cirrus Capital. En asof dit nie genoeg slegte nuus is nie - rentekoerse is Woensdag in Suid-Afrika verhoog en almal sit op hete kole oor of die…
24 Sep 12AM 3 min
1 – 20