Kabinet kritiseer vlugtelingstatus vir Afrikaners

--:--
Die kabinet kritiseer Amerika se besluit om vlugtelingstatus aan sommige Afrikaners toe te ken en noem bewerings van vervolging ongegrond en misleidend. Die kabinet is van mening hierdie besluit ondermyn Suid-Afrika se grondwetlike demokrasie en is 'n wanvoorstelling van die land se menseregterekord. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, het op 'n nuuskonferensie gesê die regering sal met diplomatieke kanale skakel om die Amerikaanse besluit te betwis:
15 May 12PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Siviele vonnisse neig afwaarts in SA

Statistiek Suid-Afrika sê meer as 8 000 siviele vonnisse vir skuld is in April aangeteken met 'n totale waarde van 221 miljoen rand. Dit is 19,5 persent laer as dieselfde tydperk verlede jaar. Die grootste afnames was in geleende geld, skriftelike beloftes, dienste en ander skuld. Onica Mushwana van Stats…
22 Jun 4AM 1 min

Groen energieplan groot werkskepper

Die ministerie van elektrisiteit en energie sê die Suid-Afrikaanse Hernubare Energie-meesterplan sal industrialisasie en vaardigheidsontwikkeling in die hernubare energiesektor aanmoedig. Die plan, wat verlede week gedurende die Afrika Groenwaterstof-beraad in Kaapstad bekend gestel is, beoog om plaaslike vervaardiging te ondersteun, die waardekettings vir batteryberging uit te brei en die inklusiewe…
22 Jun 3AM 1 min

Ysige weer op pad; beskerm jou tuin só

Daar word erge koue vir laat volgende week voorspel weens 'n sterk kouefront wat op pad is. Ligte sneeu kan ook moontlik in die Suide val. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Emilie Abraham, die Namibiese Akkerbouraad se bestuurder van tuinbou-ontwikkeling, wat raad het vir boere om hul plante teen…
22 Jun 2AM 1 min

Airlink Pumas goeie leerskool vir Welwitschias

Namibië se Welwitschias het Saterdagmiddag voor die golf van die gedugte Airlink Pumas in die Hage Geingob Stadion in Windhoek geswik. Die Pumas het dié vriendskaplike wedstryd met 59-19 gewen. Onderkaptein Danco Burger sê daar was meer positiewes as negatiewes in die wedstryd en dat die Welwitschias op die regte…
22 Jun 1AM 1 min