Die Australiese minister van Buitelandse Sake, Penny Wong, is woedend omdat Israel nie strafregtelike aanklagte gaan instel vir die moorde op die Australiese hulpwerker Zomi Frankcom en haar ses kollegas van die World Central Kitchen nie. Hulle is in April 2024 dood in 'n Israeliese aanval in Gaza. Die Weermag…
Danny Meyer, stigter van SME Compete, doen 'n beroep op omsigtigheid rakende voorgestelde verpligte bydraes tot die beplande Nasionale Pensioenfonds. Ingevolge huidige voorstelle sal werkers wat 1 500 Namibiese dollar per maand verdien, 75 dollar per maand vir die fonds moet betaal. Meyer waarsku dat, hoewel 'n inklusiewe pensioenfonds lofwaardig…
ActionSA het hofstukke teen die Polisiediens by die Hooggeregshof in Pretoria ingedien oor ʼn beweerde polities-gedrewe poging om lede van die presidensiële beskermingsdiens te beskerm. ʼn Polisie-ondersoek het die hoof van die diens, Wally Rhoode, en Hlulani Rekhoto vrygespreek nadat hulle beskuldig is dat hulle die inbraak op president Cyril…
Die EFF-leier Julius Malema het president Cyril Ramaphosa se beswaar teen die Ampsklagkomitee se getuienisleier verwerp en gesê hy probeer doelbewus om die komitee se demokratiese prosesse te vertraag. Ramaphosa het in 'n brief die aanstelling van advokaat Thandazani Madonsela verwerp, en botsende belange as rede aangevoer. Die komitee het…
Okahandja-kiesafdelingsraadslid Bethuel Tjaveondja doen 'n beroep op inwoners om met die polisie saam te span om misdaad en dwelmhandel aan te pak. Hy sê dat NamPol ernstig onderbeman is, en het die gemeenskap aangespoor om kriminele aktiwiteite, insluitend dwelmhandelaars in hul eie families, aan te meld eerder as om die…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.