LLPBN sê oor bees-verskeping na Mauritius

Loading player...
Met die eerste verskeping van 3 000 op-die-hoef bees na Mauritius, aangedryf deur bek-en-klouseer uitdagings in Suid-Afrika vind vandag plaas. Dit dui as ‘n belangrike stap in die rigting van die opening van nuwe markte vir Namibiese beesboere, wat Namibië se rol as 'n betroubare verskaffer van gesonde, hoë kwaliteit vee versterk. Volgens die Lewendehawe en Lewendehawe Produkteraad voldoen die uitvoerders aan al die wetgewing. Desmond Cloete die raad se bemarkingsbestuurder het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die uitvoerheffings.
24 Mar 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Oekraïne-oorlog word al dodeliker: VN

Die Verenigde Nasies waarsku hoe langer die Rusland-Oekraïne-oorlog voortduur, hoe dodeliker word dit. Sedert Rusland sy volskaalse inval in Oekraïne in 2022 van stapel gestuur het, is 15 364 burgerlikes dood, insluitend 775 kinders, en meer as 42 000 mense is beseer. Ten minste 188 burgerlikes is in Februarie dood…
24 Mar 11AM 1 min

McCullum bly aan as Engeland krieket-afrigter

Krieket: Die Engelse- en Wallis-krieketraad het 'n regmerkie gegee vir die bestuurspan van die hoofafrigter, Brendon McCullum, die kaptein, Ben Stokes, en die direkteur van krieket, Rob Key, ná 'n interne hersiening van die reeks om die As. Engeland het met 1-4 die onderspit gedelf in die reeks teen Australië…
24 Mar 11AM 1 min

CAN bied gratis papsmeer-,prostaatondersoeke in Omaheke aan

Die Kankervereniging is tans in die Omaheke-streek om gratis papsmeer- en prostaatkankerondersoeke aan te bied. Die dienste maak voorsiening vir 100 vroue en 50 mans op 'n eerste-daar-eerste-bedien-basis. Kosmos 94.1 Nuus het met die vereniging se uitvoerende hoof, Rolf Hansen, gepraat wat sê individue word versoek om hul eie slaapklere,…
24 Mar 10AM 1 min

Cran verduidelik hoekom Starlink-lisensie afgekeur is

Die inligtingministerie het 'n perskonferensie in die hoofstad gehou oor die weiering van Starlink se aansoek om 'n satelliet-internetdiens te lewer. Die Kommunikasie Regulerende Owerheid van Namibië, Cran sê Starlink het aan net drie van die ses kriteria wat deur die wet vereis word voldoen. Een van die grootste redes…
24 Mar 10AM 1 min