Implementeer Nasionale Betalingstelsel deeglik, vra Shafudah

Loading player...
Finansminister Ericah Shafudah het 'n beroep gedoen op die behoorlike implementering van Namibië se nuut bekendgestelde Nasionale Betalingstelsel. Die strategie, wat 'n finansiële insluitingskoers-mikpunt van 95 persent teen 2035 het, is daarop gemik om alle betalingsstrome soos kaarte, e-geldbeursies en bankrekeninge in te sluit om naatlose fondsoordragte tussen verskillende verskaffers moontlik te maak.
26 Mar 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Dieremishandeling: Sit jou voet neer!

April is die maand om dieremishandeling te beveg – ’n tyd om te besin oor hoe diere behandel word en wat dit oor die samelewing openbaar. Die syfers van die Dierebeskermingsvereniging van Windhoek is skokkend: Van die meer as 4 000 diere wat elke jaar ingeneem word, is 90 persent…
18 Apr 6AM 1 min

Strooipos-oproepe se dae in SA getel

Die Nasionale Verbruikerskommissie het die wysiging van 'n regulasie in die Wet op Verbruikersbeskerming verwelkom om strooipos-oproepe te beperk. Die minister van handel, nywerheid en mededinging, Parks Tau, het dit in die Staatskoerant gepubliseer. Woordvoerder Phetho Ntaba sê die gewysigde regulasies vestig 'n uitsluitings-registerstelsel en bied meganismes vir verbruikers om…
18 Apr 4AM 1 min

Ramaphosa vra vir regverdige internasionale handelsreëls

President Cyril Ramaphosa vra regverdige internasionale handelsreëls namate lande oorskakel na 'n lae-koolstof-ekonomie. Hy het op 'n sakeforum in Spanje gesê klimaatbeleid moenie ontwikkelende ekonomieë onregverdig benadeel nie, en bepleit sterker steun deur klimaatsbefondsing, tegnologie-oordrag en oorgangsmaatreëls. Ramaphosa beklemtoon Suid-Afrika ondersteun klimaatsoptrede, en handelstelsels moet regverdig bly namate die wêreld…
18 Apr 4AM 1 min

Veldfiets: Motocross se derde been brul op Gallina

Die derde been van die 2026 Nasionale Veldfietskampioenskappe vind vandag by die Gallina Motocross Park net buite Windhoek plaas. Sowat 42 ryers gaan vir ‘n dag propvol aksie sorg, sê Kosmos 94.1 se Francois Lottering:
18 Apr 3AM 1 min

Ramaphosa loop deur oor Roelf Meyer

ActionSA se leier, Herman Mashaba, sê die voormalige Nasionale Party-politikus Roelf Meyer se aanstelling as Suid-Afrika se ambassadeur in Amerika ontbloot die omvang van president Cyril Ramaphosa se beheptheid met toenadering tot wit nasionaliste. Woordvoerder Omogolo Taunyane sê dis skandelik dat so 'n strategiese aanstelling vir die land se internasionale…
18 Apr 2AM 1 min