SA taxi-bedryf vra regeringsingryping met brandstofpryse

Loading player...
Die Nasionale Taxi-alliansie vra regeringsingryping met die brandstofpryse wat Woensdag skerp styg en 'n bedreiging inhou vir die taxibedryf en pendelaars. Woordvoerder Theo Malele het aan SABC News gesê sonder ondersteuning sal tariefverhogings onvermydelik wees en die vervoersektor, insluitend leerdervervoer, beïnvloed. Malele bepleit die vermindering van brandstofheffings om die uitwerking vir pendelaars te versag:
30 Mar 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Leierskap van Nasionale Jeugraad moet hersien word

Die geweld en chaos by die Nasionale Jeugraad se algemene vergadering oor die naweek het hernude vrae oor die instelling se relevansie en onafhanklikheid laat ontstaan. Die voorsitter van die LPM Jeugbevel, Duminga Ndala, sê die botsings het die raad in oneer gebring en swak leierskapsdissipline onder jong leiers blootgelê…
24 Jun 4AM 1 min

Israel het kinders geteiken, skuldig aan oorlogmisdade, volksmoord

ʼn Ondersoekkommissie van die Verenigde Nasies sê Israelse owerhede en veiligheidsmagte het doelbewus Palestynse kinders geteiken wat gelei het tot volksmoord, misdaad teen die mensdom en oorlogsmisdade. ʼn Verslag deur die VN se onafhanklike ondersoekkommissie oor die Palestynse gebied, het gefokus op beweerde oortredings van internasionale reg, menseregtevergrype en die…
24 Jun 4AM 1 min

Walvis verduidelik prosedures met slaggate

Die Walvisbaai-munisipaliteit sê hulle verhoed nie gemeenskappe om te help om slaggate te vul nie, die regte prosedures moet net gevolg word. Dit volg na 'n werklose paartjie onlangs begin het om slaggate reg te maak, en die munisipaliteit daaroor gekla het te midde van inwoners se voortdurende klagtes oor…
24 Jun 3AM 1 min

Politieke moorde in SA wek kommer

Die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsvereniging doen 'n beroep op strenger optrede teen politieke geweld voor die plaaslike regeringsverkiesing in November. Die oproep volg op 'n reeks dodelike aanvalle oor die naweek in Kaapstad, Gqeberha in die Oos-Kaap en die Wes-Rand in Gauteng, waarin 'n tussenverkiesingskandidaat, 'n wyksraadslid en twee politieke partylede…
24 Jun 3AM 1 min

Gesondheid doen servikale uitreiking

Die gesondheidministerie voer vandeesweek 'n siftingsveldtog vir servikale kanker in die Kavango-Oos-streek uit. Die veldtog is daarop gemik om vroue aan te moedig om sifting te ondergaan vir die vroeë opsporing en voorkoming van hierdie kanker. Waarnemende streeksgesondheidsdirekteur Sacky Nairenge beklemtoon die belangrikheid van sifting vir vroue se gesondheid.
24 Jun 2AM 1 min