SA bye sal Namibië benadeel, pleit heuningboere

Loading player...
Namibië oorweeg dit om heuningbye uit Suid-Afrika in te voer om te help met die bestuiwing van bloubessies wat in die Kavango-Oos-streek gekweek word. Alhoewel dit die oes kan bevorder, is plaaslike byeboere en kenners teen die idee en sê dat dit heuningbykolonies kan vernietig en inheemse byspesies kan bedreig. Gretchen Burmeister, besturende direkteur van die Byeboerderyvereniging van Namibië, verduidelik die impak daarvan.
31 Mar 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Dis wat die gryslys aan die land gedoen het

Die land se verwydering van die Finansiële Aksie-taakmag se gryslys is steeds in die nuus. Tydens 'n perskonferensie het die goewerneur van die sentrale bank, Ebson Uanguta, verduidelik wat die gryslys-status aan die land se reputasie gedoen het.
24 Jun 1AM 1 min

Passasierverkeer: Syfers sal verder styg

Die Gasvryheidsvereniging van Namibië sê die Namibiese Lughawensmaatskappy se voortgesette belegging in reisroetes en toerisme-infrastruktuur help om passasiersgroei aan te dryf, aangesien die land se lughawens meer as 102 000 passasiersbewegings in April aangeteken het. Die Namibiese Statistiekagentskap sê dit is 'n toename van 12,8 persent vanaf Maart. Die vereniging…
24 Jun 12AM 1 min

Konsessies in bewareas: NaCC is die 'probleem kind'

Die omgewingsministerie adverteer drie konsessies vir die ontwikkeling van lodges in drie bewareas. Dit kom kort op die hakke van die aankondiging deur die Mededingingskommissie dat hy ooreenkomste en die konsessies van ultimate.earth ondersoek. Navrae by die kommissie het aan die lig gebring dat hy eksklusiewe ooreenkomste ondersoek en woordvoerder…
24 Jun 12AM 1 min

Meatco se jaarvergadering word op 3 Julie gehou

Meatco herinner geregistreerde produsente aan sy komende 38ste jaarlikse algemene vergadering, wat vir 3 Julie geskeduleer is. Die byeenkoms sal vanaf nege-uur die oggend by die Nipam Konferensie-saal plaasvind. Kosmos 94.1 Nuus het met Meatco-woordvoerder Rosa Hamukuaja-Thobias gepraat, wat sê dat produsente vanaf half-agt vir registrasie moet begin opdaag. Sy…
24 Jun 12AM 1 min

ActionSA hou vol McPherson moes om verskoning gevra het

ActionSA veroordeel die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, se besluit om regstappe teen die parlement te doen nadat hy gestraf is vir oortreding van die Etiese Gedragskode. Dit was omdat hy ActionSA se ondersteuners "Amapharas", of jong tikgebruikers, en "hobo's" genoem het. Woordvoerder Alan Beesley sê Macpherson…
23 Jun 11PM 1 min