Die Republikeins-beheerde Amerikaanse Senaat het die Iran Magte Resolusie goedgekeur, wat militêre optrede teen Teheran verbied tensy die Kongres goedkeuring verleen. Die resolusie is met 50 teen 48 stemme aanvaar met vier Republikeine wat teen hul party gestem het om die aanvaarding te ondersteun. Die resolusie het nie president Donald…
Die onafhanklike ekonoom, John Loos, sê Suid-Afrika se huishoudelike sektor toon vroeë tekens van 'n afname, nadat die Suid-Afrikaanse Reserwebank se toonaangewende sakesiklusaanwyser sy skerpste maandelikse daling sedert vroeg in 2023 aangeteken het. Die April-lesing het met 1,78-persent gedaal, terwyl groei op 'n jaargrondslag ook van 5,8-persent in Maart tot…
Die land se verwydering van die Finansiële Aksie-taakmag se gryslys is steeds in die nuus. Tydens 'n perskonferensie het die goewerneur van die sentrale bank, Ebson Uanguta, verduidelik wat die gryslys-status aan die land se reputasie gedoen het.
Die Gasvryheidsvereniging van Namibië sê die Namibiese Lughawensmaatskappy se voortgesette belegging in reisroetes en toerisme-infrastruktuur help om passasiersgroei aan te dryf, aangesien die land se lughawens meer as 102 000 passasiersbewegings in April aangeteken het. Die Namibiese Statistiekagentskap sê dit is 'n toename van 12,8 persent vanaf Maart. Die vereniging…
Die omgewingsministerie adverteer drie konsessies vir die ontwikkeling van lodges in drie bewareas. Dit kom kort op die hakke van die aankondiging deur die Mededingingskommissie dat hy ooreenkomste en die konsessies van ultimate.earth ondersoek. Navrae by die kommissie het aan die lig gebring dat hy eksklusiewe ooreenkomste ondersoek en woordvoerder…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.