Arbeidskommissaris werk hard om agterstand in te haal

Loading player...
Die Kantoor van die Arbeidskommissaris het 'n loodsinisiatief van stapel gestuur om dienslewering te verbeter deur die oplossing van arbeidsgeskille te stroomlyn, met die fokus op versoening en arbitrasie. Die program kom terwyl die kantoor 'n beduidende agterstand in die gesig staar, waarvan sommige sake meer as drie jaar hangende is. Arbeidskommissaris Kyllikki Sihlahla sê die doel is om te verseker dat werkers en werkgewers tydige besluite kry oor geskille.
17 Apr 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

B2Gold skenk spesiale goudstawe aan SRT

B2Gold het 'n noemenswaardige goud-skenking aan Save the Rhino Trust gemaak, wat gebruik sal word vir unieke goundstawe. Dit gaan ter ondersteuning van die veldwagters en beskerming van swartrenosters, onder die trust. Elzanne McCullonch, besturende direkteur van Venture Media wat die trust se kommunikasie hanteer, gee meer inligting.
17 Apr 6AM 1 min

Ministerie ondersoek moontlike bedrogspul by mediese stoor

Die gesondheidsministerie ondersoek personeel van die Sentrale Mediese Stoor te midde van bewerings wat verband hou met die manipulasie van voorraaddata, diefstal en die afleiding van farmaseutiese voorrade binne die nasionale voorsieningsketting. Daar word ook beweer dat hierdie optrede gelei het tot die doelbewuste skep van kunsmatige tekorte, skynbaar bedoel…
17 Apr 6AM 1 min

Ngungula is net goedkoop omdat dit vir Angolese gesubsidieer is

Volgens 'n verslag deur die Internasionale Energie-agentskap veroorsaak die oorlog in die Midde-Ooste die grootste ontwrigting in voorsiening in die geskiedenis van die globale oliemark. Die ontwrigting van olie- en gasvloei deur die Straat van Hormuz het groot implikasies vir energiesekerheid en bekostigbaarheid. Namibiërs wil weet waarom ons nie Angolese…
17 Apr 6AM 1 min

EFF is boos vir AfriForum

AfriForum sê die vonnisoplegging van EFF-leier Julius Malema wys niemand is bo die wet verhewe nie. Dit volg na die Oos-Londense Landdroshof in die Oos-Kaap Malema tot vyf jaar tronkstraf gevonnis het vir vuurwapenverwante aanklagte. Jacques Broodryk van AfriForum sê druk van die burgerlike samelewing het gehelp om die saak…
17 Apr 4AM 1 min

Steenhuisen sê daar is vordering in BKS-bekamping

Die minister van Landbou, John Steenhuisen, sê vroeë data dui aan die huidige massa-inentingsveldtog teen bek-en-klouseer lewer positiewe resultate op. Meer as 2 miljoen stuks vee is ingeënt tussen Februarie en 26 Maart en geen nuwe gevalle is aangemeld onder kuddes wat reeds behandel is nie. Die departement se woordvoerder,…
17 Apr 3AM 1 min