Gauteng se aanlyn-skoolaansoeke open te laat

Loading player...
AfriForum sê Gauteng kan volgende jaar weerens 'n skoolplasingskrisis vir graad een- en graad agtleerders beleef, omdat die aanlyn toelatingstelsel te laat oopmaak. Die organisasie sê meer as 400 000 leerders sal binne 'n kort tydperk geplaas moet word. Carien Bloem van AfriForum sê die laat opening van die aanlynstelsel en toenemende druk op skoolkapasiteit kan tot vertragings met die plasing van leerders lei:
28 Jul 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gautengse LUR vir Onderwys vra kalmte ná beweerde seksuele aanranding van graad 4-leerder

Die LUR vir Onderwys in Gauteng, Lebogang Maile, het die Departement se nulverdraagsaamheid teenoor seksuele misbruik herbevestig, nadat 'n graad vier-leerder by die Busisiwe-laerskool in Soweto na bewering deur 'n onderwyser seksueel aangerand is. Die onderwyser is hangende dissiplinêre verrigtinge op voorsorgskorsing geplaas. Maile het Woensdag die skool besoek en…
22 Oct 12AM 1 min

Amutse: Ministerie het tegnologie om diamantpryse te bepaal

Die minister van mynbou en energie, Modestus Amutse, sê die ministerie beskik oor gekwalifiseerde personeel met toegang tot die nodige tegnologie om die waarde van diamante te bepaal. Hy het geantwoord op ’n vraag van IPC-LP Ferdinand Hengombe, wat duidelikheid gesoek het oor hoe die ministerie die pryse van plaaslik…
22 Oct 12AM 1 min

39 spanne pak Saterdag die Barberspan 300 in SA aan

Nege-en-dertig spanne sal eerskomende Saterdag aan die Westfert Barberspan 300 Off Road North-kampioenskap deelneem. Die wedren is die sewende en laaste ronde van die Off Road North-kampioenskap, waartydens renjaers van Suid-Afrika, Botswana en Namibië in nege verskillende klasse oor die uitdagende 300 kilometer meeding. Kosmos 94.1 se Francois Lottering het…
22 Oct 12AM 1 min

Japan se MMX-sending mik op monsters van Marsmaan

Nuwe inligting het na vore gekom oor Japan se MMX-ruimtesending, wat op pad is om stofmonsters van een van Mars se twee mane te versamel. Professor Pieter Meintjies, 'n astrofisikus aan die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein, verduidelik die jongste ontwikkelings tydens 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus.
22 Oct 12AM 1 min

Hittegolf sal Namibiese binneland oor naweek tref

Die Namibiese Weerdiens waarsku dat hittegolf-toestande na verwagting tot oor die komende naweek sal voortduur, met temperature wat in sommige gebiede reeds tussen 36 en 42 grade Celsius bereik het. Albertina Anderson sê die weer-modelle dui daarop dat die hitte verder sal toeneem namate die naweek nader kom. Die publiek…
22 Oct 12AM 1 min