Kaapstad se mariene-eenheid behaal groot suksesse teen stropery

Loading player...
Die Stad Kaapstad sê sy mariene-eenheid het die afgelope jaar groot suksesse behaal, insluitend 'n byna 500-persent toename in die herwinning van gestroopte mariene hulpbronne. Herwonne goedere het gestyg van ongeveer 2 500 tot bykans 15 000 items. Wetstoepassers het ook 953 onwettige sjebiens gesluit. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê hierdie resultate toon 'n sterker fokus op verordeningstoepassing en misdaadvoorkoming:
15 Aug 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Rubio verwerp bewerings oor Amerikaanse steun aan Oekraïne

Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, het bewerings verwerp dat Oekraïners sterf omdat Amerika intelligensie van Kiëf terughou. Die VSA het na bewering 'n groot deel van die intelligensie wat gedeel is, stopgesit, en ook wapens geblokkeer wat ingevolge die Voorkeurlys van Vereistes vir Oekraïne verkoop is. Verlede…
21 Oct 3AM 1 min

SA landbou-leiers waarsku oor moontlike verlies aan AGOA-toegang

Landbouleiers in Suid-Afrika reageer op die moontlikheid dat die land sy voorkeurtoegang tot die Amerikaanse mark ingevolge die AGOA-handelsooreenkoms kan verloor. Die ooreenkoms bied tariefvoordele vir duisende produkte uit kwalifiserende Afrikalande. Dr. Theo de Jager, voorsitter van die Suider-Afrikaanse Agri-inisiatief, het met Kosmos 94.1 Nuus oor die moontlike gevolge vir…
21 Oct 3AM 1 min

Ramaphosa belowe optrede oor Tshwane se waterkrisis

Die Suid-Afrikaanse president, Cyril Ramaphosa, sê die Nasionale Waterkrisis-komitee sal aandag gee aan die waterkrisis in Bronkhorstspruit, Tshwane, waar kraanwater onveilig vir menslike gebruik verklaar is ná ’n uitbreking van maagderm-siektes. Tydens ’n ANC-deur-tot-deur-veldtog in Daveyton, Ekurhuleni, het Ramaphosa om verskoning gevra vir die siektes en beklemtoon dat swak waterbehandeling…
21 Oct 2AM 1 min

Bek-en-klouseerbeperkings druk kleinskaalse boere

Die landbouministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, sê bek-en-klouseerbeperkings is ’n bitter pil om te sluk vir kleinskaalse boere wat met voortgesette handelsbeperkings worstel. Muyunda sê die slag van vee op plase vir kommersiële verkoop bly verbode om die verspreiding van die virus te beperk. Hy verseker produsente dat beperkings verslap…
21 Oct 2AM 1 min

Aanspreeklikheid geëis nadat 408 mense weens besmette drinkwater in Tshwane siek geword het

Die Suid Afrikaanse Motorbedryf-personeelvereniging sê die Stad Tshwane moet verantwoordelik gehou word nadat 408 mense siek geword het weens maag-derm-infeksies weens besmette drinkwater in Bronkhorstspruit en omliggende gemeenskappe. ’n Gesamentlike ondersoek het bevind die plaaslike watersuiweringsaanleg het vir drie weke water sonder chloor versprei, weens probleme met die stad se…
21 Oct 1AM 1 min