
Swakop-munisipaliteit oorhandig eerste landbou-tuinerwe
Loading player...
Die Swakopmund-munisipaliteit het onlangs amptelik die eerste landbou-tuinerwe oorhandig aan inwoners wat die uitdaging aangepak het om die dorp se landskap deur landbou te transformeer. Volgens die munisipaliteit se woordvoerder, Linda Mupupa, is die inisiatief geïnspireer deur inwoners wat reeds agterplaas-tuinmaak beoefen en 'n behoefte aan bykomende grond uitgespreek het om hul landbou-aktiwiteite uit te brei. Sy praat met Kosmos 94.1 Nuus:

