
Hifikepunye Pohamba herdenk 91ste verjaardag
Loading player...
Oudpresident Hifikepunye Pohamba herdenk sy 91ste verjaardag vandag. Hy het vanaf 2005 tot 2015 as die tweede president van Namibië gedien. Hy het die 2004 presidensiële verkiesing oorweldigend gewen as die kandidaat van Swapo en is in 2009 herkies. Pohamba was die president van die party van 2007 tot sy aftrede in 2015. Willem Amutenya, woordvoerder van die Swapo-jeugliga en LP, sê Pohamba was verantwoordelik vir verskeie infrastruktuur projekte.

