Cosatu verwelkom onveranderde repokoers

Loading player...
Die vakverbond Cosatu het die Suid-Afrikaanse Reserwebank se monetêre beleidskomitee se besluit om die terugkoopkoers onveranderd op 6,75-persent te laat, verwelkom. Die komitee sê hulle het inflasionêre risiko’s weens stygende oliepryse en geopolitieke onsekerheid te midde van die oorlog in die Midde-Ooste in ag geneem. Cosatu-woordvoerder Matthew Parks sê die regering moet landsburgers teen die dreigende reuse-styging in brandstofpryse beskerm:
27 Mar 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ramaphosa vra vir regverdige internasionale handelsreëls

President Cyril Ramaphosa vra regverdige internasionale handelsreëls namate lande oorskakel na 'n lae-koolstof-ekonomie. Hy het op 'n sakeforum in Spanje gesê klimaatbeleid moenie ontwikkelende ekonomieë onregverdig benadeel nie, en bepleit sterker steun deur klimaatsbefondsing, tegnologie-oordrag en oorgangsmaatreëls. Ramaphosa beklemtoon Suid-Afrika ondersteun klimaatsoptrede, en handelstelsels moet regverdig bly namate die wêreld…
18 Apr 4AM 1 min

Veldfiets: Motocross se derde been brul op Gallina

Die derde been van die 2026 Nasionale Veldfietskampioenskappe vind vandag by die Gallina Motocross Park net buite Windhoek plaas. Sowat 42 ryers gaan vir ‘n dag propvol aksie sorg, sê Kosmos 94.1 se Francois Lottering:
18 Apr 3AM 1 min

Ramaphosa loop deur oor Roelf Meyer

ActionSA se leier, Herman Mashaba, sê die voormalige Nasionale Party-politikus Roelf Meyer se aanstelling as Suid-Afrika se ambassadeur in Amerika ontbloot die omvang van president Cyril Ramaphosa se beheptheid met toenadering tot wit nasionaliste. Woordvoerder Omogolo Taunyane sê dis skandelik dat so 'n strategiese aanstelling vir die land se internasionale…
18 Apr 2AM 1 min

DA kap Malema oor landdros-belediging

Die DA sê EFF-leier Julius Malema se opmerkings na vonnisoplegging hou die gevaar in om die publiek se vertroue in die regbank te ondermyn. Die party sê Malema se beskrywing van landdros Twanet Olivier in die KuGompo City-hof as 'n rassis, is 'n ongegronde bewering wat vertroue in die regstelsel…
18 Apr 1AM 1 min

Copps 94.1: Motormoles lastig in hoofstad

Ongelukke en besope bestuurders in Windhoek het Vrydagaand die Copps 94.1-span en hul vennote, die Namibiese polisie, die grootste kopsere veroorsaak. Francois Lottering van Kosmos 94.1 het oudergewoonte sy Copps 94.1-baadjie aangetrek en doen verslag van die toneel:
18 Apr 12AM 1 min