Akkerbou-uitset styg, uitvoerwaardes daal

Loading player...
Volgens die jongste kwartaallikse landbou- en visserystatistiekbulletin het akkerbou-uitset in die laaste kwartaal van 2025 tot meer as 22 000 ton gestyg, vergeleke met net minder as 5 000 ton in 2024. Uitvoerwaardes het egter aansienlik gedaal, terwyl die land se invoerrekening hoog bly, hoewel laer as in 2024. Rosa Harris, die Namibiese Statistieke-agentskap se landbou statistikus, het op 'n perskonferensie meer inligting gegee.
27 Mar 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Padel help om behuisingstekorte aan te spreek

Old Mutual Namibia het 80 000 Namibiese dollar belowe om die komende Standard Bank Padel for Purpose-toernooi te ondersteun. Die fondse sal die Buy-a-Brick-inisiatief direk ondersteun, 'n gesamentlike projek met die Shack Dwellers-federasie wat gehelp het om byna 740 huise vir lae-inkomste gesinne landwyd te bou. Old Mutual se algemene…
20 Aug 6AM 1 min

Varkprodusente vergader in September

Die Varkprodusentevereniging van Namibië nooi alle kommersiële en opkomende varkboere uit na hul gratis jaarlikse Inligtingsdag op 9 September in Windhoek. Die Namibiese Landbou-unie ekonoom, Leigh-Ann Nehoya, sê die geleentheid sal kundige aanbiedings oor praktiese varkvoeding, siektebestuur, aanlyn opleiding en sakestrategieë insluit om kuddewaarde en bemarking te maksimeer. Nehoya deel…
20 Aug 6AM 1 min

Ebola: Ministerie sê daar is geen rede tot kommer nie

Die Ebola-uitbreking in die DRK ontwikkel vinnig. Meer as 5 000 is besmet en meer as 2 300 mense is dood. Daar is kommer oor verspreiding maar plaaslik sê die ministerie van gesondheid dat daar steeds geen rede vir paniek is nie, ten spyte daarvan dat die Walvisbaai-Ndola-Lubumbashi-ontwikkelingskorridor direk gereelde…
20 Aug 6AM 1 min

SA se tronke is broeiplek vir bendes en misdaad

Die Kommissaris van Polisie in KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi, sê Suid-Afrika se korrektiewe instellings is die broeiplek vir misdaad en bendes. Hy het gister die Parlementêre portefeuljekomitee oor Polisie ingelig as deel van 'n beraad oor bendeverwante geweld. By die beraad was slagoffers van bendeverwante geweld, burgerlike organisasies, gemeenskaporganisasies en individue…
20 Aug 4AM 1 min

Ghebreyesus praat in Windhoek oor nasionale begrotings en gesondheid

Die Windhoek Buitekluboord is die gasheer van die tweedaagse 5de Afrika CDC Streeksministeriële Beheerkomiteevergadering vir Suider-Afrika. Tydens die openingsessie vanoggend het die Wêreldgesondheidsorganisasie se direkteur-generaal, dr. Tedros Ghebreyesus, regerings regoor die streek aangespoor om openbare gesondheidsorg in nasionale begrotings te prioritiseer, veral in die lig van skerp besnoeiings aan internasionale…
20 Aug 4AM 1 min