Witvlei-slagpale kry potensiële belegger: Agribank

Loading player...
Agribank het bevestig dat hy 'n potensiële belegger gevind het om die Witvlei-slagpale te laat herleef, meer as 'n dekade na die ineenstorting daarvan, veroorsaak deur die verlies van 'n winsgewende Noorse beesvleisuitvoerkwota wat die staat aan Meatco toegeken het. Die geskil oor kwotas en verminderde toewysings het Sidney Martin se Witvlei Meat nie in staat gestel om volhoubaar te funksioneer nie, wat uiteindelik sluiting gedwing het en meer as 200 werksgeleenthede in die Omaheke-streek gekos het. Agribank-woordvoerder Fillemon Nangonya het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
27 Mar 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ramaphosa loop deur oor Roelf Meyer

ActionSA se leier, Herman Mashaba, sê die voormalige Nasionale Party-politikus Roelf Meyer se aanstelling as Suid-Afrika se ambassadeur in Amerika ontbloot die omvang van president Cyril Ramaphosa se beheptheid met toenadering tot wit nasionaliste. Woordvoerder Omogolo Taunyane sê dis skandelik dat so 'n strategiese aanstelling vir die land se internasionale…
18 Apr 2AM 1 min

DA kap Malema oor landdros-belediging

Die DA sê EFF-leier Julius Malema se opmerkings na vonnisoplegging hou die gevaar in om die publiek se vertroue in die regbank te ondermyn. Die party sê Malema se beskrywing van landdros Twanet Olivier in die KuGompo City-hof as 'n rassis, is 'n ongegronde bewering wat vertroue in die regstelsel…
18 Apr 1AM 1 min

Copps 94.1: Motormoles lastig in hoofstad

Ongelukke en besope bestuurders in Windhoek het Vrydagaand die Copps 94.1-span en hul vennote, die Namibiese polisie, die grootste kopsere veroorsaak. Francois Lottering van Kosmos 94.1 het oudergewoonte sy Copps 94.1-baadjie aangetrek en doen verslag van die toneel:
18 Apr 12AM 1 min

Meat Market in Mariental se verslagting loop oop

Na sy heropening in 2023 is Farmers Meat Market in Mariental tans in volle produksie. Kosmos 94.1 Nuus het met die voorsitter van die Ohlthaver & List Groep, Sven Thieme, gepraat wat sê die aanleg werk teen volle produksiekapasiteit van 280 000 skape. Dit is die enigste A-gegradeerde uitvoerfasiliteit vir…
17 Apr 11AM 1 min