Sabalenka verwag taai Miami Ope-eindstryd teen Gauff

Loading player...
Tennis: Die wêreld-nommer-een, Aryna Sabalenka van Belarus, kom môre in die Miami Ope se eindstryd teen Coco Gauff te staan. Sabalenka, ʼn viermalige Grand Slam-kampioen, het Elena Rybakina van Kazakstan geklop. Sy kort net een oorwinning om met die gesogte Sonskyn-dubbel te spog ná haar sege vroeër die maand by Indian Wells. Gauff het die Tsjeg Karolina Muchova afgeransel om haar eerste Miami Ope-eindstryd te haal. Sabalenka vertel wat ondersteuners van die eindstryd teen Gauff kan verwag:
27 Mar 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Oshikoto-streek fokus op waterlewering

Die Oshikoto-streek verskerp pogings om volgehoue watertekorte aan te pak. In sy streeksrede het goewerneur Sacky Kathindi gesê die streek staar ernstige wateruitdagings in die gesig, insluitend boorgate met 'n hoë soutgehalte, lae waterdruk en onbetroubare pypnetwerke. Gevolglik is baie landelike gemeenskappe en skole afhanklik van onbeskermde en dikwels onveilige…
24 Jun 8AM 1 min

Vrystaat ent meer as 1 miljoen bees teen BKS in

Die Vrystaatse LUR vir Landbou, Landelike Ontwikkeling en Omgewingsake, Elsabé Rockman, sê die provinsie het die mylpaal van 'n miljoen diere verbygesteek wat teen bek-en-klouseer ingeënt is. Dis deel van Suid-Afrika se breër poging om uitbrekings te beheer en die veebedryf te beskerm deur die nasionale verspreiding van entstof teen…
24 Jun 8AM 1 min

SANW omseil parlementêre toesig - DA

Die DA sê hy maak beswaar teen die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag se voortgesette omseiling van parlementêre toesig deur nie betyds verslag te doen en aanspreeklikheid te aanvaar vir die redes, plekke, personeel en uitgawes van drie ontplooiings nie. Die gesamentlike staande komitee oor Verdediging het gekyk na drie SANW-ontplooiings ter…
24 Jun 6AM 1 min

Keir Starmer het alles vir die beswil van die land gedoen

Die Britse minister vir slagoffers van misdaad Catherine Atkinson sê Andy Burnham is 'n uiters ervare politikus en sal 'n baie goeie eerste minister vir die Verenigde Koninkryk maak. Maar, in 'n onderhoud met Sky News sê sy dit is hartseer om sir Keir Starmer te moet groet omdat hy…
24 Jun 6AM 1 min

Bank Windhoek Triënnale open op 6 Augustus

Inskrywings vir die Bank Windhoek Triënnale het einde Mei gesluit, wat vir die eerste keer 'n tema het, getitel “Namibiese identiteit: die lyne van 'n land se kontoere en rykdom”. Die uitstalling open op 6 Augustus. Die hoofkurator van die Nasionale Kunsgalery van Namibië, Ndeenda Shivute-Nakapunda, sê dat die pryse…
24 Jun 6AM 1 min