Samewerking gevra om SA behuisingsnood aan te spreek

Loading player...
Die minister van Menslike Nedersettings, Thembi Simelane, het 'n beroep gedoen vir dringende, grootskaalse samewerking tussen die regering, die privaat sektor en finansiële instellings om Suid-Afrika se behuisingsagterstand aan te spreek. Die agterstand staan tans op ongeveer 2,6-miljoen eenhede, wat meer as 12-miljoen mense raak. Simelane sê die land word in 'n ingewikkelde omgewing bedryf, gekenmerk deur vinnige verstedeliking, stygende boukoste, infrastruktuurbeperkings en toenemende klimaatverwante gevare:
27 Mar 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ramaphosa loop deur oor Roelf Meyer

ActionSA se leier, Herman Mashaba, sê die voormalige Nasionale Party-politikus Roelf Meyer se aanstelling as Suid-Afrika se ambassadeur in Amerika ontbloot die omvang van president Cyril Ramaphosa se beheptheid met toenadering tot wit nasionaliste. Woordvoerder Omogolo Taunyane sê dis skandelik dat so 'n strategiese aanstelling vir die land se internasionale…
18 Apr 2AM 1 min

DA kap Malema oor landdros-belediging

Die DA sê EFF-leier Julius Malema se opmerkings na vonnisoplegging hou die gevaar in om die publiek se vertroue in die regbank te ondermyn. Die party sê Malema se beskrywing van landdros Twanet Olivier in die KuGompo City-hof as 'n rassis, is 'n ongegronde bewering wat vertroue in die regstelsel…
18 Apr 1AM 1 min

Copps 94.1: Motormoles lastig in hoofstad

Ongelukke en besope bestuurders in Windhoek het Vrydagaand die Copps 94.1-span en hul vennote, die Namibiese polisie, die grootste kopsere veroorsaak. Francois Lottering van Kosmos 94.1 het oudergewoonte sy Copps 94.1-baadjie aangetrek en doen verslag van die toneel:
18 Apr 12AM 1 min

Meat Market in Mariental se verslagting loop oop

Na sy heropening in 2023 is Farmers Meat Market in Mariental tans in volle produksie. Kosmos 94.1 Nuus het met die voorsitter van die Ohlthaver & List Groep, Sven Thieme, gepraat wat sê die aanleg werk teen volle produksiekapasiteit van 280 000 skape. Dit is die enigste A-gegradeerde uitvoerfasiliteit vir…
17 Apr 11AM 1 min