
Sardynvrektes versoosaak deur herpesvirus
Loading player...
Die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing sê laboratoriumtoetse het bevestig dat genetiese materiaal van die sardynherpesvirus teenwoordig is in getoetste sardyne. Janet Coetzee van die departement sê die virus is gevind in dooie sardyne en op laer vlakke ook in sommige oënskynlik gesonde sardyne wat aan die Weskus versamel is. Sy sê die virus is nog nooit voorheen in Suid-Afrikaanse sardyne aangemeld nie. Sy sê dit word geassosieer met twee grootskaalse sardynvrektes in Australasië gedurende die 1990's:

