
Steenkamp sê oor Covid-19 by Delta
Loading player...
Die onderwysminister, dr. Sanet Steenkamp, het beklemtoon dat die standaardprosedures vir Covid-19 onveranderd bly soos wat dit destyds deur die lynministerie uitgereik is. Haar kommentaar volg op die bevestiging van 'n geval van die virus by die Delta-skoolkoshuis in Windhoek verlede week. Steenkamp het bevestig dat die skool en sy koshuis tydelik gesluit is; die gesondheidsministerie het reeds siftingstoetse vir leerders en onderwysers uitgevoer, en die skool sal na verwagting vandeesweek ontsmet word. Steenkamp het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

