Agt miljoen woon No Kings-betogings in VSA by

Loading player...
Die organiseerders van die 'No Kings'-betogings Saterdag regoor die VSA en in talle ander lande sê meer as 8 miljoen mense het na raming daaraan deelgeneem. Betogers het protes aangeteken teen die president, Donald Trump, stygende lewenskoste, optrede teen immigrante en die oorlog in Iran. In Minnesota het betogers in 'n markiestent saamgetrek oor die dood van twee mense in Januarie weens optrede deur immigrasiebeamptes. Die akteur en regisseur Robert De Niro het op 'n geleentheid in New York gesê dit is tyd om nee te sê vir Trump:
30 Mar 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kenner sê groener oplossings vir datasentrums word ontwikkel

Die VN sekretaris-generaal, António Guterres het groot kunsmatige intelligensie-maatskappye aangesê om die volle omgewingskoste van hul datasentrums te openbaar en hernubare energie te gebruik. Teen 2030 kan hulle meer krag gebruik as alle lande behalwe vyf, en genoeg water om in die basiese behoeftes van al 1,3 miljard inwoners van…
24 Jun 6AM 1 min

Rise sê GNU moet beter bestee en minder vermors

Rise Mzansi sê die regering het minder prioriteite en meer privaat belegging nodig om sukkelende openbare dienste te herstel. Tydens die debat oor die Begrotingswetsontwerp in die Parlement het die partyleier, Songezo Zibi gesê baie regeringsdienste, insluitend hospitale, skole, die weermag en polisie, verkeer onder ernstige druk weens onderbefondsing, ondoeltreffendheid…
24 Jun 5AM 1 min

Kankervereniging vergader vandag op jaareinde

Die Kankervereniging van Namibië hou sy jaarlikse vergadering vandag, die vereniging se 2025/2026 finansiële jaareinde. Die palliatiewe sorgoorde in Windhoek en Swakopmund het 'n groot gedeelte van die vereniging se fondse opgebruik sê Rolf Hansen, die vereniging se uitvoerende hoof. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die jaar…
24 Jun 5AM 1 min

Leierskap van Nasionale Jeugraad moet hersien word

Die geweld en chaos by die Nasionale Jeugraad se algemene vergadering oor die naweek het hernude vrae oor die instelling se relevansie en onafhanklikheid laat ontstaan. Die voorsitter van die LPM Jeugbevel, Duminga Ndala, sê die botsings het die raad in oneer gebring en swak leierskapsdissipline onder jong leiers blootgelê…
24 Jun 4AM 1 min

Israel het kinders geteiken, skuldig aan oorlogmisdade, volksmoord

ʼn Ondersoekkommissie van die Verenigde Nasies sê Israelse owerhede en veiligheidsmagte het doelbewus Palestynse kinders geteiken wat gelei het tot volksmoord, misdaad teen die mensdom en oorlogsmisdade. ʼn Verslag deur die VN se onafhanklike ondersoekkommissie oor die Palestynse gebied, het gefokus op beweerde oortredings van internasionale reg, menseregtevergrype en die…
24 Jun 4AM 1 min