Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
1120 – 1140

Oshikoto kan spilpunt vir vryhandel word

Die goewerneur van die Oshikoto-streek, Sacky Kathindi, sê die streek is gereed om 'n sleutelspeler in Afrika se kontinentale mark te word, danksy sy strategiese nabyheid aan die wêreldbekende Etosha Nasionale Park. Kathindi het tydens die voortgesette streeksbetrokkenheidsreeks beklemtoon dat Oshikoto met die Afrika-kontinentale vryhandelsgebied kan omskep word in 'n…
4 Nov 4AM 1 min

Stad Windhoek soek name vir die Kindergedenkmuur

Die Stad Windhoek nooi gesinne wat kinders onder die ouderdom van 21 tussen 2024 en 2025 verloor het om hul name in te dien vir insluiting op die Kindergedenkmuur. Die name sal tydens die jaarlikse Kersaansteekseremonie hierdie Desember onthul word. Voorleggings sluit op 14 November. Kommunikasiebeampte by die munisipaliteit, Cillie…
4 Nov 3AM 1 min

Steenhuisen loof boere vir rekordoes

Die minister van Landbou, John Steenhuisen, het Suid-Afrika se graanprodusente gelukgewens met die lewering van 'n rekord oes tydens een van die uitdagendste ekonomiese tydperke die laaste paar jaar. Die land se algehele graan- en oliesaadproduksie was meer as 23-miljoen ton, wat 30-persent meer is as verlede jaar. Steenhuisen sê…
4 Nov 3AM 1 min

Boorwerk aan Ohangwena-akwifer vorder

Die ministerie van landbou maak bestendige vordering met die 140-hektaar Ekoka-besproeiingsprojek in die Ohangwena-streek. Boorwerk vir 'n betroubare waterbron is nou aan die gang. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die ministerie, Simon Nghipandulwa, gesels wat sê die projek sal onbewerkte grond in 'n produktiewe landbousentrum omskep, werksgeleenthede…
4 Nov 2AM 1 min

Kommer oor Nsfas-voorsitter se bedanking, aantygings

Die DA het diep kommer uitgespreek oor die skielike bedanking van die voorsitter van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente, Karen Stander. Stander het verwys na dreigemente, boeliegedrag en rassisme. Delmaine Christians van die party doen 'n beroep op minister Buti Manamela om voor die Parlement te verskyn om hierdie…
4 Nov 2AM 1 min

DA sê hy sal Nersa se nakoming noukeurig monitor

Die DA versoek die Parlement se Elektrisiteitskomitee om die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika tereg te wys na die uitspraak deur die Hooggeregshof van Gauteng dat sy 2025/26 prosesse vir munisipale elektrisiteitstariewe ongrondwetlik is. Kevin Mileham van die DA het Nersa gekritiseer vir herhaalde mislukkings, insluitend gebrekkige berekenings vir die koste…
4 Nov 1AM 1 min

Geen verrassing dat Trump Cuomo ondersteun nie

President Donald Trump van Amerika het New Yorkers aangemoedig om in vandag se burgemeestersverkiesing vir voormalige goewerneur Andrew Cuomo te stem. Hy voeg by die stad het geen kans op sukses of selfs oorlewing onder Zohran Mamdani se leierskap nie. Volgens meningspeilings is Mamdani, die Demokrate se kandidaat, voor Cuomo,…
4 Nov 1AM 1 min

Andrew moet in VSA getuig oor Epstein

Suhas Subramanyam, ‘n Demokratiese senator en lid van die oorsigkomitee wat ondersoek instel na die Jeffrey Epstein-skandaal, sê Andrew Mountbatten Windsor behoort getuienis in die VSA te lewer. Hy sê Epstein self is nooit verantwoordbaar gehou nie maar, daar is nou ‘n geleentheid.
4 Nov 12AM 1 min

Eenheidsregering bly verenig - Cyril

Die leiers van die regering van nasionale eenheid het belowe om vinniger op te tree met munisipale toesig, jeugvaardighede en -indiensneming, voedselsekerheid en die stryd teen bendegeweld. Leiers van die tien partye het vergader vir 'n tweedaagse wegbreeksessie by die Wieg van die Mensdom in Mogale City, Gauteng. President Cyril…
4 Nov 12AM 1 min

Movember... mans, dis julle beurt

Terwyl die wêreld “Movember” vier, word mans aangespoor om beheer oor hul gesondheid te neem deur vir prostaatkanker getoets te word. Die Kankervereniging van Namibië sê prostaatkanker bly een van die twee mees gediagnoseerde kankers onder Namibiese mans, maar baie stel steeds toetsing uit weens stigma en ongemak. Die vereniging…
4 Nov 12AM 1 min

SA-hofuitspraak bring hoop vir renoster-eienaars

'n Suid-Afrikaanse hofuitspraak oor renosterhoringhandel maak opslae. Nadat regter Pule Tlaletsi gelas het dat uitvoerpermitte toegestaan word vir horing van witrenosters wat in aanhouding vir bewaring geteel word, is bewaringsbewustes hoopvol. Jaco Muller, stigter van die Rhino Momma-projek, sê die besluit is 'n deurbraak. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus…
3 Nov 11PM 1 min

Verslapping van bepalings van jeugfonds verwelkom

Die regering se besluit om aansoekers van die Nasionale Jeugontwikkelingsfonds toe te laat om aansoek te doen sonder Bipa-registrasiedokumente, is as 'n positiewe stap verwelkom. Suksesvolle aansoekers sal nou slegs hul Bipa-besigheidsregistrasie hoef te voltooi sodra hul projekte goedgekeur is. Die ouderdomsgrens vir aansoekers is ook van 35 na 45…
3 Nov 11PM 1 min

Lynminister aanvaar Nsfas-voorsitter se bedanking

Die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, het die bedanking van Karen Stander as voorsitter van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente formeel erken. Manamela het Stander ontmoet om haar bekommernisse te bespreek, ondermeer boelies, intimidasie, rassisme en veiligheidsbedreigings, gevolg deur 'n volle raadsvergadering vandag. Die departement se…
3 Nov 10PM 1 min

New York stem vandag, Trump weier om met kommunis saam te werk

New York hou vandag sy burgemeesterverskiesing, en Amerikaanse president Donald Trump sê hy sal onwillig wees om die stad se federale befondsing voort te sit as dit deur 'n “kommunis” bestuur word. Meningspeilings dui daarop dat die gewilde Zohran Mamdani voorloop teen sy belangrikste mededinger, die voormalige Demokratiese New York-goewerneur,…
3 Nov 10PM 1 min

Sesde Nasionale Raad begin laaste sitting

Die laaste sitting van Namibië se 6de Nasionale Raad het vanoggend amptelik geopen. Dit is die afsluiting van die raad se termyn van 2020-2025. Die voorsitter van die Nasionale Raad, Lukas Muha het lede versoek om die prestasies te konsolideer wat die Raad se werk oor die afgelope vyf jaar…
3 Nov 10AM 1 min

Fout om Biden met Harris te vervang: George Clooney

Die akteur en groot skenker aan die Demokratiese Party, George Clooney, sê dit was ʼn fout om oudpresident Joe Biden met die gewese visepresident, Kamala Harris, te vervang as die party se benoeming vir 2024 se Amerikaanse presidentsverkiesing. Afgevaardigdes van die party het virtueel gestem om Harris te benoem nadat…
3 Nov 10AM 1 min

Cran bekommerd oor ongesertifiseerde toestelle

Cran spreek kommer uit oor 'n toename in ongesertifiseerde telekommunikasietoestelle wat die land binnekom. Die owerheid sê fone, en ander telekommunikasie toerusting moet goedgekeur word voordat hulle die mark kan binnekom. Cran-woordvoerder Mufaro Nesongano sê tussen Januarie en September vanjaar is 902 aansoeke vir goedkeuring ingedien, maar byna 'n derde…
3 Nov 9AM 1 min

ECN beskuldig van 'sabotasie', onregverdigheid

Volgens die Khomas Residents and Ratepayers Association word hulle deur die Verkiesingskommissie van Namibië gesaboteer nadat hulle uitgevind het dat Michael Amushelelo ook op die lys is. Op 6 November gaan Kadhila Amoomo die groep in die hof verteenwoordig om te probeer bewys dat die ECN onregverdig teenoor partye was…
3 Nov 9AM 1 min

Sprinkaan-spuitgif benadeel waterdiere, voëls: ekoloog

Ekoloog dr. Peter Cunningham maan dat die insekdoders wat op die sprinkane gebruik word, giftig is. Landbouminister Inge Zamwaani het ’n groot uitbreking van Afrika-treksprinkane in die Zambezi-streek in die parlement aangekondig en gesê spanne is ontplooi om spuitoperasies uit te voer. Cunningham het in dié verband met Kosmos 94.1…
3 Nov 9AM 1 min
1120 – 1140