Weeklikse podcasts gevul met insetsels oor kerknuus, geloofstories en gesprekke om jou in te lig, laat nadink en inspireer. Kerkbode is die amptelike nuusblad van die NG Kerk.
Weekly
Afrikaans South AfricaChristianity · Religion & SpiritualityAuthored by Heléne Meissenheimer, Le Roux Schoeman
Kenners waarsku al meer dat skermtyd bestuur moet word met jong kinders. Dog mens kan vra of in ons skermgedrewe samelewing ’n mate van skermblootstelling nie onvermydelik geword het nie en in sulke gevalle, wat kan kinders kyk? Met juis hierdie vrae ingedagte het Maryke Hansen, ’n jong ma van…
Hy het min pak gekry, maar dit was die keer wat sy pa hom nie pak gegee het nie wat hom met ander oё na sy pa laat kyk het. Dat hy sy pa as mens begin raaksien het. Iets soortgelyk het oor jare met hom gebeur in sy verhouding…
Hy dink die NG Kerk is ryker as 50 jaar gelede. En hy dink die kerk sien groter prentjies raak, maar die Jeug tot Jeugaksie van 1974 was verbeeldingryk vir sy tyd. So meen prof Malan Nel wat onlangs saam met so 18 van die oorspronklike leierskapgroep reünie gehou het…
Voor die NG Moedergemeente op George was ’n groot eikeboom. Toe word dit afgekap na ’n kewer die dorp se akkerbome besmet het. Vandag groei op dieselfde plek ’n paar jong eikeboompies wat van hierdie boom se akkers gekweek is. Dit is vir haar ’n ongelooflike storie van hoop, vertel…
Elaine Pienaar en haar predikantman het ’n seun verloor op 21. Sy vertel sy voel die Here gee vir haar, deur haar werk as maatskaplike werker by die Christelike organisasie, Wildernis Therapy Namibia, ’n kans om dieselfde liefde en omgee te belê in hierdie tieners as in haar seun. Sy…
Kerkbode het vandeesweek gesels met ’n afgetrede boer Freddie Faul wat in Februarie as standplaasleraar bevestig is by die NG Gemeente Mariental in Namibiё. Dit gebeur tydens ons storietoer in die maand van Mei deur hierdie land wat die kleinste-in-lidmaattal-en-grootste-in-grondgebied-streeksinode van die NGK se “tien samestellende kerke” het. Kyk ook…
Ds Arina Zandberg van Kimberley was skaars twee maande swanger toe sy en haar man Dirk die skoknuus kry dat sy Hodgkins-limfoon het. Dit is ’n kanker wat die limfklierstelsel aanval wat deel vorm van jou liggaam se immuunstelsel. Hulle eerste gedagte was dat hulle die baba gaan verloor, maar…
Donderdag 9 Mei is Hemelvaart. Nou in verkiesingstyd in ons land wonder Cas Wepener hoeveel vernuwingswerk die Gees van God by hom kan bring as hy bereid is om te luister eerder as kla. So vertel hierdie Stellenbosse professor vir sy jarelange vriend, emeritus-prof Chris van der Merwe. Dié twee…
Aletia Grundling vertel die verhaal van hoe sy en vroue soos Cathy Ross en Jenny Arendse met liefde en omgee vir bendekinders ‘n drama-en skryfskool kon begin. Sy is die hoof van Monte Christo Miqlat of MCM, ‘n NGO wat deur hulle veeldoelige sentrum al vir jare ‘n veilige tuiste…
Is verhoudings tussen wit en bruin en swart Christene in die banke van kerke soos die NG Kerk en die Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK) 30 jaar ná apartheid aan ’t versterk en verdiep? Is daar grondige versoening tussen rasse en op strukturele vlak binne die NG Kerk die soort “herstellende…
Kollig Episode 9: Wanneer geloof tekkies dra Kollig reis vandeesweek binneland toe. Karoo toe. DJ Muller van Kaapkerk se kommunikasiespan is saam. Hier op Victoria-Wes kry ons twee stories wat iets vertel van hoe geloof lyk wat hande en voete kry. Die Red n Plaas naam is welbekend. Vanjaar se…
Tien jaar. Dit is hoe lank die #imagine-jeugkampe sowel as die Pelgrimstog van Hoop aan die gang is - altwee buitelugervarings wat vanuit die kerk ontstaan het. Tussen die meer as 2000 tieners uit sowat 212 dorpe van regoor die land en selfs uit Namibie, wat vanjaar se #imagine-kampe bygewoon…
Emeritus-prof Pieter Carstens van Pretoria wou in Februarie 2019 weens ’n terminale kankerdiagnose sy lewe waardig afeindig. Hy wou dit doen met bystanddood by die Dignitas-kliniek in Switserland soos wat Carol de Swardt van George (ook gediagnoseer met aggressiewe velkanker) vroeër vanjaar gedoen het. Toe gebeur in sy woorde “net…
Gerco van Deventer was vir ses jaar as gyselaar aangehou in Noord-Afrika. Eers in ’n huis, toe ’n tent en daarna onder ’n boom iewers tussen die sandduine van die Sahara met net ’n kombers as beskerming. Vir hierdie episode van Kerkbode Kollig vertel hy sy geloofstorie - van die…
Dinsdag 19 Maart is internasionale Maatskaplike Werkerdag. Regoor die land is baie maatskaplike hulporganisasies wat uit die kerk ontstaan het. In hierdie episode van Kerkbode Kollig fokus ons op van hierdie organisasies in Gauteng wat nou saam met ander deur ‘n bestaanskrisis bedreig word omdat die provinisiale regering hulle subsidies…
Dr Tom Smith van Fontainebleau Gemeenskapskerk in Randburg neem op 1 April oor by dr Andre Bartlett as hoof van Excelsus, die NG Kerk se Sentrum vir Voortgesette Bedieningsontwikkeling in Pretoria. Hy het met Kerkbode Kollig gesels oor sy eie jarelange geloofsavontuurreis asook waarna hy uitsien in sy nuwe pos…
Nie net ons land is stukkend nie. Ook binne die kerk is daar stukkendheid. Daar is gemeentes wat sê hulle maak hulle los van strukture soos die Algemene Sinode, ringe en streeksinodes maar hulle wil NG Kerk bly. Ons gesels hieroor met Jan Lubbe, ’n NG dominee van Bloemfontein en…
In hierdie episode van Kerkbode Kollig gesels ons oor die oorsteek van grense. Ds Deon van der Berg van Stella in Noordwes is ondervoorsitter van die Red ‘n Plaas Red ‘n Gemeenskap Rampfondsprojek. Hy vertel meer daaroor asook die verskillende kreatiewe maniere waarop mense die camino-fondsinsameling daarvoor kan ondersteun. Die…
In hierdie episode van Kerkbode Kollig, gesels ons oor geloof in tye van tragedie en verlies. Ds Christo Nel van Welkom vertel van die hartseer, maar ook verstommende ondersteuning wat hulle as gemeenskap ervaar het na ‘n busongeluk waarin ses tieners dood is. Die nuwe moderator van die Wes-Kaapland, ds…
Heléne Meissenheimer van Kerkbode vertel kortliks waaroor Kollig gaan. Ons skop amptelik op 18 Februarie 2024 af!
9 Feb 2024
1 min
20 – 40
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.